tussen hemel en aarde
February 8, 2010
Terwyl die gaste eet, hardloop die gillende kleuter weg in haar Tinkerbell kouse, met kom-vang-my-armpies in die lig en jaag ek haar oor die blokkiesvloere van die gang, verby twee plastiese skopfietse en om die glas koffietafel in die sitkamer.
In die oomblik wat my nekhare opstaan en ek in die donker tuin, deur die oop gordyne en groot vensters, soek vir iets wat ek goed weet ek nie gaan sien nie, swaai Karen om, hardloop sy in my bene vas en tel ek haar op.
Sy voel dit ook.
‘Dit is okay’, troos ek. ‘Hy gaan êrens anders heen.’
Previous post
Fantastic Mr. Fox
Next post
ou vriende