Karoo Films se Facebook-blad beskryf hulle eie film as “polsende aksie in ware ‘Quentin Tarantino-styl’ wat die kyker uitdaag”. Kom ons vat Tarantino se eerste paar films as draaiboekskrywer en regisseur: Reservoir dogs, True romance, Pulp fiction en beide Kill Bills. Dit was grensverskuiwende skop-skiet-en-donder-flieks.
words
Die Ontwaking
Die Ontwaking het ʼn ongelooflik goeie rolverdeling (Gys de Villiers, Gerard Rudolf, Paul Eillers, Morne Visser, ens). Die bronmateriaal is ook ʼn bekroonde boek (Abel se ontwaking deur Chris Karsten). Wat het dan met die film skeefgeloop? Die stokkerige draaiboek en die regie.