Vyf dames is almal besig is om stroomop te swem in hulle afsonderlike lewens. Verskillende situasies en gebeure lei elkeen van hulle om op dieselfde rivieravontuur te gaan. Tydens die avontuur word die boot waarin die dames vaar, omgegooi en die gids raak verlore. Die dames word gedwing om op hulle eie in die water …
words
2017 het reeds ongelooflike Suid-Afrikaanse films opgelewer. 2018 lyk nog meer opwindend. Een van die hoogtepunte gaan vir seker Wonderlus wees. Dit gaan interessant wees om te sien wat Suid-Afrikaanse gehore daarmee maak. ’n Paar tannies gaan omgekrap wees, dit is vir seker.
Vuil wasgoed is ’n vars skop-skiet-en-donder-fliek. Dit is ook bitter snaaks. Ek voorspel dit gaan ’n lokettreffer wees, maar nog belangriker, dit kan ’n nuwe tipe gehoor teaters toe lok. Ons het tog nodig om agterstewes in die teatersitplekke te sit.
Vir die voëls het vier maande gelede afgeskop met ’n amper perfekte lokprent. Dit het my hardop laat lag, maar ook laat wonder of die vollengte rolprent so goed soos die lokprent sou wees. Die antwoord? Ja. Regisseur Quentin Krog en sy formidabele span akteurs, skrywers, ens, het hulleself oortref.