Vergeet my nie is, wel, vervelig. (Ek wou eintlik sê vergeetbaar, maklik om te vergeet, of iets in dier voege, maar het myself gelukkig in toom gehou.) Die flou kamerawerk, die eentonige klankbaan, die stomp dialoog, die narratief is als, wel, vervelig. So ook die lokprent en die plakkaat. Die film is boonop amper twee uur …