2017 het reeds ongelooflike Suid-Afrikaanse films opgelewer. 2018 lyk nog meer opwindend. Een van die hoogtepunte gaan vir seker Wonderlus wees. Dit gaan interessant wees om te sien wat Suid-Afrikaanse gehore daarmee maak. ’n Paar tannies gaan omgekrap wees, dit is vir seker.
words
Jagveld
Karoo Films se Facebook-blad beskryf hulle eie film as “polsende aksie in ware ‘Quentin Tarantino-styl’ wat die kyker uitdaag”. Kom ons vat Tarantino se eerste paar films as draaiboekskrywer en regisseur: Reservoir dogs, True romance, Pulp fiction en beide Kill Bills. Dit was grensverskuiwende skop-skiet-en-donder-flieks.
Modder en Bloed
Eerstens is die naam Modder en bloed misleidend. Dit klink na ʼn film wat bloot derms uitryg. Natuurlik is daar geweld en hartseer in die film. Dit speel tog af tydens die tragiese Anglo-Boereoorlog. Uiteindelik is hierdie film wel ʼn epiese goedvoelfliek met ʼn reusagtige hart en ʼn wonderlike storie.