Thys en Trix is broer en suster en ook ywerige, onbeholpe polisiemanne. Thys is ’n bedagsame knoeier en Trix ’n ongeskikte, sexy rabbedoe. Hulle onderlangse twis veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens wéér in die verleentheid stel. Speurder Solomons, ’n gesoute en passievolle speurder, ondersoek die bedrywighede van ’n misdaad-sindikaat in ’n …
words
Vuil wasgoed is ’n vars skop-skiet-en-donder-fliek. Dit is ook bitter snaaks. Ek voorspel dit gaan ’n lokettreffer wees, maar nog belangriker, dit kan ’n nuwe tipe gehoor teaters toe lok. Ons het tog nodig om agterstewes in die teatersitplekke te sit.
Karoo Films se Facebook-blad beskryf hulle eie film as “polsende aksie in ware ‘Quentin Tarantino-styl’ wat die kyker uitdaag”. Kom ons vat Tarantino se eerste paar films as draaiboekskrywer en regisseur: Reservoir dogs, True romance, Pulp fiction en beide Kill Bills. Dit was grensverskuiwende skop-skiet-en-donder-flieks.
Wanneer ek ’n Afrikaanse film gaan kyk, veral ’n rom-kom, hou ek altyd duim vas dat dit my rok gaan opblaas. Semi-Soet (hoofsaaklik te danke aan Nico Panagio) het dit reggekry, Klein Karoo in ’n mindere mate.