Clover Aardklop Onderhoude

October 13, 2013

Mike van Graan gesels oor Gevalle engel

Gevalle engel is ’n spanningsvolle menslike drama. Die skoolhoof wil haar skors. Weer eens. Die kopdokter het nog nooit so ’n geval teëgekom nie. Die dominee is nie daarvan oortuig dat gebed sal help nie. Maar sy’s net ’n kind. Miskien ’n gekwelde kind, maar nietemin ’n kind. Wat laat haar doen wat sy doen? Watter geheime bewaar sy? Wat maak dat die ander kinders bang is vir haar, dat haar pa haar verwyt, dat haar ma haar beskerm? Reney Warrington gesels met skrywer Mike van Graan.

Jou CV is lank en kleurvol. In een sin, wie is jy?

Someone who tries to contribute to a better society and a better world in and through the opportunities made available to me.

Is dit Gevalle Engel se debuut by Aardklop 2013?

Ja.

Vertel my in twee sinne waaroor Gevalle Engel gaan?

It is about a dysfunctional family with the central character being a 16-year-old girl who carries the twin burdens of keeping a deep family secret and blame for a family tragedy. These make her play out and challenge various authority figures in her life and in so doing raises questions about prevailing values, worldviews and ideas.

Hoekom moet ek dit gaan kyk?

It has a highly talented, young cast. There is a wonderful District 9-type set which is used innovatively. Brink Scholtz directs it with great creativity. And if the response from the dress rehearsal audience is anything to go by, it is engrossing, provocative and entertaining.

Is daar ’n lewe vir so ’n toneelstuk buite Aardklop? Buite die feeste?

I’m the Associate Playwright at Artscape, so they would be interested in hosting it. I’d also be keen to take it to other theatres and perhaps either do it in English or do it in Afrikaans with English subtitles, as with Die Generaal, my previous work at Aardklop – I think it works a lot better in Afrikaans!

Ek hoop ek onthou reg. Tydens die eerste ACT | UJ Arts & Culture Conference het Deon Opperman gesê sy toneelstukke is lig en vermaaklik, maar dra tog dieselfde ernstige/nodige “boodskap” oor as byvoorbeeld ’n swaar, dramatiese stuk. Die verskil is, hy verkoop kaartjies, waarteenoor die swaar stukke sukkel om voort te bestaan. Wat dink jy?

Of course, “messages” can be carried through comedy and tragedy. While I produce work that uses satire to make social commentary, my preference is for theatre that serves a cathartic role through confronting the things that cause us anxiety. This does not mean that theatre has to be boring; on the contrary, the challenge is to make it as engrossing, engaging and theatrically excellent as possible to stimulate people intellectually and to move people emotionally.

 

Jaco Bouwer gesels oor Na-aap

 Na-aap is ’n vertaling en verwerking van Franz Kafka se aangrypende “A Report to an Academy” waarin ’n aap, Rooi Piet, wetenskaplikes by ’n konferensie toespreek oor die verloop van sy lewe. Hy vertel van sy reis per skip van die oerwoude van Afrika na Hamburg, Duitsland, en hoe hy sy ingehokte bestaan oorleef het deur menslike gedrag te bestudeer en na te boots. Reney Warrington het gesels met regisseur Jaco Bouwer.

Kafka? Jy is nogal braaf om sy werk aan te vat?

Ja, ek was braaf om Kafka aan te vat en as ek nou terugkyk, dink ek dit was net plein stupid – mens kan ’n hele leeftyd verdwaal in Kafka se wêreld. Soms voel ek soos ’n hond wat sy eie stert probeer vang in my poging om dieper te grawe. Ander kere, na ure se werk en repetisie, voel ek dat ons weer uitkom waar ons begin het. In hierdie opsig voel ek dan wel dat ons reg doen aan Kafka en dat hy saam met ons is in hierdie skeppingsproses.

Dit is ’n eenmanstuk gebaseer op ’n Kafka-kortverhaal, maar daar is choreografie en interaktiewe elemente by betrokke. Verduidelik?

Van ’n eenman-vertoning na ’n “vyfman-vertoning” agter die skerms! Nee ek grap. Ek wil nie te veel weggee voor die vertoning nie, maar ek dink dit is my poging om uiting te gee aan Kafka se storie binne ’n eietydse estetika. Binne die huidige raamwerk van voorstelling, veral op platforms van moderne media, waar die onderskeid tussen die oorspronklike en voorstelling nie altyd so duidelik is nie, maak dit die natuur en die herskepping (kopie) daarvan moeilik identifiseerbaar. In ’n poging om getrou aan Kafka en die aard van sy werk te bly, het ek sekere tematiese keuses gemaak en as vertrekpunt gebruik: die beperktheid van sintaksis en die ingehoktheid van taal, vergelykings tussen kind- en aapwees en hoe ons deur kondisionering en onder die vaandel van beskawing deur na-aping taal en gebare as tekensisteme aanleer. Hierdeur gebruik ek dan vorme van “live sampling”, “tracking” en “capturing” om die vasgevangenheid en na-aping van die stem en die beeld uit te beeld.

Dit kyk ook hoe kultuur, beskawing en konvensie die natuur verwring en hoe die mensdom weens aangeleerde gedrag nooit werklik vry kan wees nie. Dit klink na ’n swaar/ernstige stuk, wat nie veel hoop het vir die mensdom nie. Lees ek die blurb verkeerd?

Ja, dit is ernstige temas wat aangespreek word, maar mens moenie vir Kafka altyd te ernstig opneem nie. Hy is heeltyd besig om met ons die gek te skeer, in sy sinspelings tussen skyn en reëel. Ek probeer dan ook humor in te werk in die stuk as ’n manier om om te gaan met die eksistensiële vrae wat in die stuk gevra word.
  

Die kunstefeeste trek baie voete en pers. Bevorder dit kuns/kultuur/teater?

Ja. Die feeste is omtrent die enigste platforms wat teater aan die lewe hou. Ek is baie dankbaar daarvoor, maar soms voel ek dat werke dan net ’n lewe binne die feeste het en dat alles, vanaf die ontwikkelingsproses tot die eindproduk, agv die afwesigheid van ander befondsing baie tydelik en sporadies is. Dit skep ’n sekere frenetiese en maniese manier van werk, en mens kan dit soms ook voel in die eindprodukte vanaf ontwerp tot spel.

En is daar ’n lewe na die feeste vir die verskillende produksies? Waarheen gaan Na-aap ná Aardklop?

Ek is in die proses van onderhandelinge, maar Na-aap gaan moontlik volgende jaar na die Woordfees en KKNK. Ek sal ook graag ’n speelvak in die Kaap wil doen volgende jaar.

 

Afda brings Afrikaans short films to festival

 

A selection of Afrikaans short films made by the students of The South African School of Motion Picture and Live Performance (Afda) will be shown at the Clover Aardklop Festival. Reney Warrington asked Garth Holmes, co-founder and chairman of Afda, about the films and the industry.

Is there a market for short films outside of galleries and short film festivals?

Currently a very small market exists for short film sales and distribution. This is changing with global cinema acquiring the capacity to lock short films to feature films; “sharing partnerships” for advertising with Google and YouTube are increasingly creating new revenue streams for aspiring film-makers.

There is no entry fee? Is that to the benefit or detriment of short films in South Africa?

Most definitely a benefit, as it gives audiences an opportunity to see relevant South African cultural content: stories, characters, problem-sourcing, aspirations, challengers and fulfilments.

You group the short films together in a 50-minute viewing. What is the average length of a short film?

They are mostly 12- or 24-minute films, except for Lyfstraf, which is a short feature of 60 minutes.

Can any of these short films be seen outside of this festival? What about organising pop-up cinemas (compare what the Open Air Cinema is doing in Braamfontein, for example).

Most of these films have either shown on local TV (M-Net and SABC) or at a number of local and international festivals.

Why choose Aardklop as a venue?

It provides South African artists with a large audience made up primarily of Afrikaans-speaking citizens.

Is there a film that will spark some controversy?

Lyfstraf is a controversial film, as it chooses horror as a genre for examining the Afrikaner “psyche” post-apartheid.

 

Theo Kleynhans gesels oor die omvangryke kunsprogram

Clover Aardklop bied vanjaar ‘n omvangryke kunsprogram met “Landskap” as tema, moontlik gemaak deur die ATKV. Theo Kleynhans is vanjaar die kunskurator. Reney Warrington het met hom oor die kunsprogram gesels.

Goeie genade, julle het ’n wye versameling kuns. Groei dit elke jaar in volume/verskeidenheid? Is dit julle mikpunt?

Kuns by Clover Aardklop groei elke jaar, ja. Dit bly een van die sterkste aanbiedings binne die kunsteboeket wat by Clover Aardklop aangebied word en dit is vir my ’n groot voorreg om vanjaar die eerste keer as kurator op te tree. Dit is ook lekker om vir Luan Nel as jong kurator te verwelkom met die groepuitstalling wat hy aanmekaargesit het onder die titel Weerberig.

Weerberig? Vertel meer.

Luan het my gespot en gesê as ek nou die hoofuitstallings kurateer, is ek seker die hoofnuus en dan is sy show seker die weerberig! Maar ek dink Luan se aanslag is baie goed, want hy kyk ook na die emosionele landskap in sy uitstalling, nie net na die fisiese landskap nie. As jong kurator het hy ‘n skerp en aweregse invalshoek.

Is daar enige omstrede uitstallings wat ek eerste moet gaan sien?

Vanjaar se tema wentel om landskap en verwag nie sensasie nie, eerder deurdagte dialoog met die landskap, maar daar is altyd verrassings!

Hoekom is Strijdom van der Merwe as feeskunstenaar gekies?

Strijdom is Suid-Afrika se voorste landkunstenaar. Hy is geliefd as kunstenaar wat ingrepe binne die landskap pleeg en dit dan fotografies dokumenteer. Dit het hom die perfekte kunstenaar gemaak om ons oorhoofse tema, naamlik landskap, te ondersteun.

Is toegang tot al julle uitstallings gratis? Dink jy dit kan die kunstenaars help as julle ’n nominale ingangsfooi sou vra? Om kuns te maak en voor te lê is immers duur. Sou die publiek dit betaal?

Tradisioneel was kunskyk nog altyd gratis gewees. Besigtiging van alle visuele kuns by Clover Aardklop is ook gratis. Kunstenaars verdien ’n lewe deur hulle kuns te verkoop en daarom vra ek weer die publiek om asseblief die kunstenaars te ondersteun. Om as kunstenaar te oorleef in Suid-Afrika is baie moeilik. Kopers kan die verskil maak en omdat Clover Aardklop so ‘n klein kommissie van die verkope vra, sal die werke ook goedkoper wees as enige ander plek.

Hoe besluit julle watter kunstenaars op Clover Aardklop sal werk?

Elke fees het ’n eie identiteit wat bepaal word deur die feesgangers en ook die feeskomitee. Geografies is daar ook faktore wat bepaal wie ’n spesifieke fees ondersteun. Ek probeer om altyd ’n program saam te stel wat losweg om ’n sentrale tema wentel, maar waar die kunstenaars steeds beweegruimte het. Ek probeer ook om soveel as moontlik verskeidenheid in die program in te sluit, sodat daar altyd iets is wat aanklank by die kyker vind. Alle kunstenaars word gekeur en gekies op meriete. Maar dit is nie net die ouer garde wat bevoordeel word nie, dit is ook van kardinale belang dat jong talent ontwikkel en gewys word.

Wat is die geografiese faktore wat Clover Aardklop beïnvloed?

Clover Aardklop se opvangsgebied wat ondersteuners betref, is Gauteng en Noordwes. Baie mense reis ook na Clover Aardklop van regoor die land, maar die ligging maak dit maklik vir mense van Johannesburg om vir die dag deur te kom. Dit beteken hulle het nie oorslaapkostes nie en het daarom meer geld om te bestee. Gauteng se per kapita-inkomste is ook veel hoër as byvoorbeeld Kaapstad s’n. Meer mense met ’n hoër besteebare inkomste beteken dus groter moontlike verkope.

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Die See II Next post Die See II
Total: