I did not grow up on coffee. My mother would have recoiled at the thought. The wife, on the other hand, was woken up with a cup of (instant) coffee. You know, as a good start to her school day.
words
My ma en pa het op Heathrow Lughawe gestaan en stry. In Afrikaans. Ek was nie daar in persoon nie, nee, ek was in Newcastle onder die waaksame oog van my ouma, maar dit klink min of meer soos my ma en pa.
Ek het my pa se dood met vyf minute gemis. So het die nurse op die tehuis se voorste trappies vir my gesê. Dalk was dit ses, of vier of drie minute. Maar ek was daar, langs sy sterfbed en hy was nog warm. So ek dink vyf minute is ʼn goeie raaiskoot.
Ek het polisiefamilie. Familie wat in die polisie is. My oom en tannie is al afgetree. Volgens oorvertelling kon my tannie ʼn konstabel met die plathand oor ʼn lessenaar klap. Alhoewel ek dit nie met my eie oë gesien het nie, het ek dit as wys beskou om nie met haar skoor te soek nie.
My sister, four years older than me, has not spoken to me in 12 years. (Of course it is a euphemism for surgically cutting me out of the fibre of her life.) She blames my love for women. She is of the opinion that it is infectious and consequently a threat to her young. I, …
Geskryf vir en gepubliseer deur www.rapport.co.za My ma voer nog altyd elke mank, afvlerk-siel wat oor haar pad kom.
Geskryf vir en gepubliseer deur www.rapport.co.za In die winter van 1998, in ons prille jeug, pluk ek en my vrou tamaties in die hartjie van Engeland.
Geskryf vir en gepubliseer deur www.rapport.co.za My ma se wit Hyundai Atos is haar vierde kind.
Op ʼn warm Joburg wintersoggend sit ek by ʼn bekende mark en slurp my flou, maar nietemin warm koppie koffie. Die son is uit, my organiese groente gekoop en gebêre in die kar en my sinushoofpyn aan die bedaar. Die lewe is lekker. Voor my lê my manuskrip. Die een wat aanvaar is, nou al …
Die verhaal hieronder is die tweede ‘episode’. Vir die eerste episode, lees ‘wanneer die kamer weer stil is’. Lize staan doodstil. So ook Nina, Henk, JP en Philip, almal netjies in ʼn rytjie en vrek ver van die Landcruiser, die fotograaf en die veldgids met sy geweer af. Niemand chirp niemand nie. Daar word skaars, …
Lize ruk wakker! Sy vlieg orent, soek na die verdomde wekker op die bedkassie, kry uiteindelik die snooze knoppie en haal dan eers asem, wanneer die kamer weer stil is. Sy haat wekkers, dink sy, en lê weer terug in die bed. Dit is nog pikdonker buite. En dit reën. Great, sy hoop die tente …
Dit is in die Pick n Pay waar ek haar raakloop. Daar is niemand agter haar in die tou nie en ons wil almal die 5uur verkeer mis. Ek sit my organiese worteltjies neer. My R10 is reg. Eers toe kom ek agter al haar kruideniersware is reeds opgelui. Sy en die kassier wag vir …
Terwyl die gaste eet, hardloop die gillende kleuter weg in haar Tinkerbell kouse, met kom-vang-my-armpies in die lig en jaag ek haar oor die blokkiesvloere van die gang, verby twee plastiese skopfietse en om die glas koffietafel in die sitkamer.
Hy lê, in die hospitaalbed, met die laken opgetrek tot onder sy ken. En dit oor ek gespot het om hom te kielie tot hy hoes. Hy het longontsteking, maar hy kan nie hoes nie. Ook nie praat of skryf of loop nie. Hy is 67 jaar oud.
Dit is vroeg skemer op die plaaswerf. Die bye drom om die honde se waterbak en die rose blom vreemd wit in die spreilig. Ed hou dit so los en wild. Jy moet daardeur skuur om in die huis te kom. Ek hou ook van die verwelkoming.
E.T. en die Silwerhaar (Gepubliseer op www.litnet.co.za op 19/5/2009) In ʼn poging om ons winterpense van twee winters terug af te skud voor ons dié winter ʼn derde winterpens optel, stap ek en Vrou om die grootste groenigheid in Joburg, Zoo Lake. As die flou wintersonnetjie so deur die bome trek en die grasperke …
Ou mense kan mos nie slaap nie (Gepubliseer op www.litnet.co.za op 17/3/2009) Die wekker gaan af. Dis 05:30. Ek moet my ouma Kroonstad toe vat en sy wil 7uur al ry. Ou mense kan mos nie slaap nie, is wat sy gisteraand vir my oor die telefoon gesê het.
39 (Gepubliseer op www.litnet.co.za op 6/1/2009) Vrydag Dit is ten minste 40°C. Wie trou nou in November?! Ek draai my venster oop en soek ongeduldig vir die ingang van een of ander kunsmatige “French countryside venue” met laventel voor die kapel en Tuscan-afdop-verf-tegnieke op die mure. Die naam kan ek nie uitspreek nie, maar …
Die storie van Phomudzo (Gepubliseer op www.litnet.co.za op 21/1/2009) My kuite is vandag seer. Dis oor ek ʼn half uur lank op my hurke gesit het om vir die paramedics lig te gooi met ʼn gaslamp. My storie begin egter drie jaar gelede.