Dit begin in 2001. Ons is pas terug vanuit Europa waar ons tamaties gepluk het in die hartjie van Engeland en toe fietsgery het tot in Edinburgh. Ons is platsak. Ek tel geld by die bank en my wederhelf, ’n professionele fotograaf, werk by ’n fotobiblioteek. Dit is daar waar sy die oproep ontvang: die …
words
1982. Dit is die jaar wat ek oom Toon en tannie Rienie ontmoet. Dit is ook die jaar wat my bababoetie gebore is. Die twee gebeurtenisse is vir ewig aan mekaar verbind, maar dit is die oom en die tannie oor wie ek wil praat.
GESKRYF VIR EN GEPUBLISEER DEUR NETWERK24 So twee jaar gelede word my bababoetie, RB, opgeneem in die hospitaal. Die dokter verklaar sy borskas as te krom en skeef en te klein om sy longe te huisves. Dit beteken omtrent kroniese longontsteking. Dit is die enigste pad vorentoe. Permanente suurstof. Longontsteking. Antibiotika. Longontsteking. Antibiotika. En die …
GESKRYF VIR EN GEPUBLISEER DEUR NETWERK24 Groot viooltjies, klein viooltjies, pienk viooltjies of pers viooltjies, maar plaaslike viooltjies. African Violets, om presies te wees. Ek het grootgeword in ’n huis vol African Violets.
GESKRYF VIR EN GEPUBLISEER DEUR NETWERK24 Ons vermy mense wat rou asof dit nooit met ons gaan gebeur nie. Asof ons geliefdes nie kan verongeluk, sterf aan ‘n ongeneeslike siekte of selfmoord pleeg nie.
GESKRYF VIR EN GEPUBLISEER DEUR NETWERK24 Ons woonstelblok sal nie die eerste prys wen vir ontwerp nie. In der waarheid lyk dit soos ‘n poskantoor. Ek dink ons het wel ontslae geraak van die potte in die vorm van olifantpote.
GESKRYF VIR EN GEPUBLISEER DEUR NETWERK24 In 2013 beland my pa in ’n tehuis. Sy niere het ingegee, so ook sy moed. Hy weier om te eet. Hy het agt jaar vantevore ’n beroerte gehad en dit het sy lyf en mond by hom gesteel en my kans om met hom te kan vrede maak …
Geskryf vir en gepubliseer deur www.rapport.co.za My ma voer nog altyd elke mank, afvlerk-siel wat oor haar pad kom.
Geskryf vir en gepubliseer deur www.rapport.co.za In die winter van 1998, in ons prille jeug, pluk ek en my vrou tamaties in die hartjie van Engeland.
Geskryf vir en gepubliseer deur www.rapport.co.za My ma se wit Hyundai Atos is haar vierde kind.
My short story, Weggooibraak, is included in this collection of short stories in aid of charity.